Trots

Lewensvatbaarheid

Lang termyn belegging

Die finansiële voordeel van sonkrag is nie 'n eenvoudige berekening nie; dit is afhanklik van verskeie veranderlikes. Aangesien 'n belegging in 'n sonkragstelsel 'n langtermynbelegging is, maak alle finansiële modelle wat probeer om die finansiële lewensvatbaarheid van die stelsel te voorspel, staat op sekere aanames oor die langtermyn, soos:

  • Rentekoers
  • Inflasie
  • Inkomstebelastingkoers
  • Vervanging van komponente
  • Eskalasie van elektrisiteitstariewe
  • Die stabiliteit van die Eskom kragnetwerk

Powered by Froala Editor

Dienste wat aangebied word

Finansiële Lewensvatbaarheid

Benewens bogenoemde aannames, beïnvloed die volgende faktore die finansiële lewensvatbaarheid van enige sonkragbelegging:
  • Die kapitale uitleg van die stelsel
  • Die verhouding van eie kapitaal vs. geleende kapitaal
  • Die finansieringstermyn
  • Die sakemodel en eienaarskap van die stelsel – word dit besit, gehuur of word krag vanaf die stelsel aangekoop?
  • Die tegniese ontwerp van die stelsel en relatiewe waarde-uiteensetting van die hoofkomponente: fotovoltaïese panele, omskakelaars, batterye en balans-van-stelsel.
  • Weerstoestande, veral die spesifieke opbrengs (gemiddelde kWh per kWp vir elke maand van die jaar) vir die geografiese gebied
  • Elektrisiteitsverbruikspatrone van die kliënt (dag-tot-dag sowel as seisoenaal), insluitend piekkrag- en energieverbruik gedurende die dag en nag
  • Watter persentasie elektrisiteitsverbruik deur sonkrag en watter persentasie deur netwerkkrag of ander rugsteunkrag, soos ’n dieselopwekker verskaf word
  • Die tariefverdeling: tyd-van-gebruiktariewe en vaste vs. veranderlike koste
  • Die koste van diesel in geval van ’n rugsteundieselopwekker
  • Bedryfskoste om die stelsel in stand te hou, byvoorbeeld onderhoud, versekering en vervanging van komponente
  • Die tempo van agteruitgang van fotovoltaïese panele, batterye en ander komponente
  • Die inkomstebelastingkoers van die entiteit wat die sonkragstelsel aankoop, sowel as enige belastingvoordele
  • Die waarde van konsekwente krag, met ander woorde, die potensiële finansiële verlies as gevolg van kragonderbrekings
Hoe

Tegnieke om die finansiële voordele van sonkrag te bepaal

Daar is verskillende metodes om die finansiële lewensvatbaarheid van sonkrag te bepaal. Oor die algemeen vertoon die syfers beter vir stelsels met min of geen berging van energie nie, as vir stelsels met groot batterybanke. Die berging van energie in batterye hou egter ander voordele in wat nie altyd maklik is om in monetêre terme uit te druk nie, soos betroubare elektrisiteitsvoorsiening wat ’n langer lewensduur van toerusting en verhoogde produksie tot gevolg het. Hier volg 'n kort bespreking van sommige van die mees algemene tegnieke om die finansiële lewensvatbaarheid van sonkrag te evalueer:

Powered by Froala Editor

Terugbetalingstydperk

Vanweë die eenvoud daarvan word die eenvoudige terugbetalingstydperk algemeen gebruik om die finansiële lewensvatbaarheid van 'n sonkragbelegging te bepaal. Vir die meeste sonkragstelsels wissel die terugbetalingstydperk (wanneer die som van die besparing wat deur die stelsel gegenereer word gelyk is aan die kapitaalinvestering) tussen drie en agt jaar. Die terugbetalingstydperk vir 'n netwerkgekoppelde stelsel met geen energieberging binne 'n munisipale gebied (met hoër elektrisiteitstariewe) nie, kan so kort as drie jaar wees. Aan die ander kant kan die terugbetalingstydperk van 'n kragnetwerkvryestelsel met 'n hoë vraag na energie gedurende die nag agt jaar of langer wees.

Netto huidige waarde en interne opbrengskoers

Netto huidige waarde en interne opbrengskoers is twee tegnieke wat algemeen in finansiële analise gebruik word. As gevolg van die lang lewensduur van 'n sonkragstelsel, gekombineer met relatiewe lae onderhoudskoste, is hierdie waardes normaalweg baie gunstig vir sonkragstelsels. Die onlangse afname in die prys van litiumbatterye dra by tot hoë opbrengskoerse en netto huidige waardes vir

Koste per eenheid (kWh)

Die koste per kWh sonkrag word bereken deur die totale kapitaaluitgawe van die sonkraginstallasie plus uitgawes oor tyd soos onderhoud, versekering en vervanging van komponente deur die totale produksie (kWh) van die stelsel oor sy verwagte lewensduur te deel. Om die korrekte waarde te verkry, moet alle berekeninge op 'n nabelaste basis gedoen word, met inagneming van die tydwaarde van geld (rentekoerse). Hierdie berekening toon normaalweg dat sonkrag aansienlik goedkoper is as netwerkkrag.

Kontantvloei

Vir sommige persone is die kontantvloei-implikasies van die stelsel die deurslaggewende faktor. Wanneer 'n sonkragstelsel gefinansier word, word die kontantvloei geëvalueer deur die maandelikse paaiement van die lening te vergelyk met die besparings wat die stelsel genereer. Banke en finansiële instellings kan sonkragstelsels oor tydperke van sewe jaar of langer finansier, wat positiewe kontantvloei sedert vroeg in die belegging tot gevolg het. Verder dra die Suid-Afrikaanse Ontvanger van Inkomste se versnelde waardeverminderingstoelae (waardeur 125% van die kapitaaluitgawe in jaar een afgeskryf kan word) by tot positiewe kontantvloei.

Geliewe ons te kontak vir meer inligting oor die finansiële voordele van u potensiële sonkragbelegging.

Premiumkwaliteit en diens sedert 2009!

Adres
Eenheid 17 & 18 East End Warehouse Park Fritz Stockenströmstraat 120 Bloemfontein