Trots

Oor Ons

Leer ken Olivia Energie-Oplossings

Olivia Energie-Oplossings ("OLIVIA") het hul werksaamhede in 2009 begin en die maatskappy is sedertdien by die sonkragbedryf betrokke. Die maatskappy se hoofkantoor is in Bloemfontein en sonkragoplossings word dwarsoor Suid-Afrika aangebied.

OLIVIA plaas 'n sterk klem op landelike gemeenskappe en honderde boere het reeds gebruik gemaak van die maatskappy se dienste om onafhanklik van die Eskom-netwerk te word.  OLIVIA is trots deel van die OVK-groep en dit gee kliënte die bykomende gemoedsrus van langtermyn-rugsteun en ondersteuning.

Dienste wat aangebied word

Sonkrag Oplossings

The following solar solutions are being offered
  • Residensiële sonkrag vir huise in landelike en munisipale gebiede;
  • Sonkrag vir kommersiële toepassings soos kantoorblokke, fabrieke en winkelsentrums;
  • Sonkrag vir opvoedkundige instellings soos skole en universiteite;
  • Sonkrag vir plase;
  • Sonkrag boorgat pompe en booster pompe en
  • Sonkrag water verwarming.
Beproef & Getoets

Werk aan die Gang

Alle komponente word geïntegreer en getoets in ons werkswinkel om effektiewe op-perseel installasie  te verseker.

Hoogs Dinamisies Omgewing

Die Voorpunt

Die sonkragbedryf is 'n hoogs dinamiese omgewing en dit is belangrik om op hoogte te bly van nuwe ontwikkelinge. Die span by OLIVIA word al vir die afgelope paar jaar gelei deur sy Besturende Direkteur Philip Olivier (PhD in Sonkrag) en Tegniese Direkteur Eduan de Necker (Elektriese Ingenieur), wat verseker dat die maatskappy op die voorpunt van nuwe tegnologie bly.

Powered by Froala Editor

Premiumkwaliteit en diens sedert 2009!

Adres
Eenheid 17 & 18 East End Warehouse Park Fritz Stockenströmstraat 120 Bloemfontein